Medewerkers van God: Gehoorsaam, Sorg-Saam, Dien Saam

Die gemeente het afgestig van van die NG Kerk Worcester-Noord in 1975. Dienste is aanvanklik in die saal van Hoërskool Montana gehou totdat die kerkgebou voltooi is. Ds Kolie Nelson was die eerste leraar.
Die gemeente is geleë in die woonbuurt Panorama, maar bedien lidmate van oor die hele Worcester.
Die visie is die resultaat van ‘n proses van geloofsonderskeiding sedert die jaar 2010. Ons het deel geword van die SA Vennootskap van Gestuurde Gemeentes en vertrek op ‘n reis van missionaliteit om God se roeping vir ons te ontdek.
Gedurende die reis het ons die omgewing verken waarin God ons geplaas het. Die nood van bejaardes, gewoonte-afhanklikes, pasiënte by Brewelskloof Hospitaal en Worcester Hospice, die jeug asook die ekologie, is sterk op ons harte gelê.
Die visie is die formulering van ons roeping. Dit behels dat ons as God se familie:
Gehoorsaam wil wees
Klem op geloofsvorming en dissispelskapSorgsaam wil wees
Koinonia en onderlinge sorg wil beoefenSaam Diensbaar wil wees
Ons wil sensitief vir die nood van die omgewing en die wêreld wees en aansluit waar God reeds werksaam is om die nood te verlig.Die gemeente is ingedeel in 14 Blokke, elk met ‘n Ouderling, Diaken en Dienswerkers.
Die Blokke is verder verdeel tussen die twee leraars:
“A”- Blokke (blok 1-7) vir Ds GP Kellermann
“B” – Blokke (8-14) vir Ds Kobus Kriel
Die gemeente bestaan nie vir haarself nie, maar om God se liefde in die wêreld uit te dra. Daarom is daar ook ‘n hele aantal bedieninge waarin lidmate hul gawes en roeping kan uitleef.
Gaan na die skakel Bedieninge vir meer inligting.