Belangrike Kennisgewing
Covid-19 Erediens reëlings
Welkom By NGK Worcester-Audenberg
Medewerkers van God
TEMA VIR 2022

“…in alles laat ons ons ken as dienaars van God”

2 Kor 6:4

Erediens
Daar is twee eredienste op Sondae.
Kerkdiens om 09:00.
Gesinsdiens om 10h15 in die saal. Die eredienste skep ruimte vir alle ouderdomme. Ons sing beide klassieke- en kontemporêre liedere.
Jeug & Kategese
Die kategeseklasse vind plaas na die eredienste tydens skoolkwartale. Vir inligting oor jeugaktiwiteite, kliek op die prentjie.
Bedieninge
As gestuurde gemeente is ons diensbaar in die gemeenskap. Waar is jy geroepe om te dien? Kliek op die prentjie vir meer inligting.
Kalender 2022

Laai ons nuutste kalender HIER af, of selekteer die voorblad hier onder!

Nuus
Alles wat jy moet weet

Gaan na Media vir Bulletins en riglyne vir Kleingroepe en Huisgodsdiens.

Om ‘n finansiële bydrae te maak, gaan na Kontak Ons en kry inligting oor dankoffers.

manger-copy
Seisoen van die Kerkjaar: Adventstyd
Met Kersfees vier en verkondig ons dat ‘die Woord vlees geword en onder ons kom woon het’ (Joh 1:14). Advent is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. Die woord Advent beteken ook letterlik ‘koms’. As Christene vier ons nie die Adventstyd asof Christus nog nie gebore is nie. Ons vier dit met die wete dat Christus gekruisig is en opgestaan het. Tog ervaar, vier en verkondig ons in dié tyd iets van die hoop waarmee Israel in donker en uitsiglose tye op die koms van die Messias gewag het. Op hierdie wyse is Advent ‘n tyd vir terugkyk na Israel se verwagting van die Messias, én ook ‘n vooruit kyk na die wederkoms as finale gestalte van Christus se triomf oor die magte van sonde en dood wat met die gebeure van Paassondag ‘n werklikheid geword het.
audesberg_home002
Jongste Nuus
In twee van die gemeentes in ons Ring, Sutherland en Laingsburg, kry mense baie swaar weens die droogte. Boere verloor hul plase, werkgeleenthede gaan verlore en gesinne ly honger. Die Ringskommissie het hulp by die Sinode, uit die Ring en van ander donateurs gekry en by die gemeentes gaan aflewer gedurende Julie. Ons prys die Here vir Sy voorsiening!
audesberg_home001
Hierdie kwartaal sien ons uit na...
1. Kerssangdiens op 25 November.
2. Audenburgers se ete op 29 November.
3. Die Kersdiens op 25 Desember om 09:00.
4. Jaar afsluitingsdiens op 31 Desember om 19:00